As jy ooit getwyfel het aan liefde met die eerste oogopslag, sal Nardus en Chimené se storie jou van plan laat verander.
Chimené se weergawe
Nie te lank gelede was Chimené jou tipese Argitektuur student. Verward, deurmekaar, uitgeput en besig om die beste van haar studentelewe te maak. Min het sy geweet dat met net slegs een boodskap op Facebook haar lewe drasties sou verander. Wie sou dink dat ou skoolmaats so gat oor kop verlief sou raak en vandag op trou staan. Mnr. Janse van Vuuren het my guns gewen met sy warm sjarm, Dolce Gabanna reuk, salm pienk hemp en ongelooflike Fillet met Avocado. Ek was so dol verlief dit het my 2 weke geneem om agter te kom Mnr. swot Ingenieurswese en nie Aptekerswese nie. Dit was n heen en weer se gekuier en kers opsteek by ouer huise. Die liefde was daar, van dag een af - en nou seën die Here my met die geskenk van n mens vir die res van my lewe...
Nardus se weergawe
Ek 't gaan vakansie hou in Oester-baai en n kans gekry om weer die fyner dinge in die lewe te waardeer. Met n geruste hart en gemoed vol hoop het ek die nuwe jaar aangepak, maar moes net eers my vakansie op Facebook gaan deel. Dis daar waar ek die liefde van my lewe ontmoet het, ekt n foto van haar gesien, 'sjoe - sys pragtig!' het ek uitgeroep en besluit dis tyd om te gaan vlerk sleep :)​ Die nuwe jaar was skaars deur sy tweede week of ek het myself genooi vir ete, windgat - ja, maar ek 't darem gekook ook. Baie meer as net n pragtige gesiggie het hierdie jong argitek my verbeelding en belangstelling vasgevang. Vanaf daardie eersteontmoeting, 19 Januarie 2011, het ek geweet my lewe het vir ewig verander. Ek't my beste maat ontmoet, die een met wie ek als in die lewe wil deel. Die bewys lê nie in die mooi soetsappige stories nie maar in die sak sout wat al opgeëet is.
Chimmie, jys my gelyke en ek is lief vir jou... Hier 's op verewig my dierbaar!